Ons Klyntji jaargang 122 word bekendgestel

Ons Klyntji jaargang 122 word bekendgestel
OK cover 2018 by Willem Samuel.jpg

Die nuwe uitgawe van Ons Klyntji-zine is binnekort beskikbaar. Dit sal by Oppikoppi (9-11 Augustus) vrygestel word met 'n verdere vrystellingsdatum in die Kaap op 15 September by die Tuin van Digters by die Breytenbach-sentrum in Wellington.

Van 15 Augustus sal dit ook te koop wees by Protea-boekwinkels, Love Books (Johannesburg), The Book Lounge (Kaapstad) en Clarke’s Bookshop (Kaapstad). Dit kan ook bestel word by info@toastcoetzer.com teen R50 per eksemplaar, plus posgeld.

Vanjaar se omslagkunswerk is deur Willem Samuel. Die zine se 144 bladsye bevat gedigte (in Afrikaans, Engels, isiXhosa en Noord-Sotho) deur o.a. Danie Marais, Clinton V. du Plessis, Lynné Schoeman, Bibi Slippers, Marna van den Berg, Charika Swanepoel, Darlington Chukwunyere, Sello Huma, Andile Ecalpar Nayika, Kanya Viljoen, Thokozile Madonko, Fourie Botha, Cat Pritchard, Jaco van der Merwe, Nick Mulgrew, Ryan Pedro, Loftus Marais, Karl Kemp, Le Roux Schoeman, Christine Coates, Hennie van Coller, Sihle Ntuli, Saaleha Idrees Bamjee en Jarred Thompson. Daar is ook kortverhale deur Xolani Mahe, Rozanne Vos, MS Burger, Henali Kuit, Frederick Botha en Carsten Rasch.

Fotograwe soos Ian McNaught Davis, Wikus de Wet, Liam Lynch, Sean Metelerkamp, Godfrey C. Luyt, Albert Retief, Christopher Michael Baker en Salim Muba se werk verskyn, en Ons Klyntji bevat kuns deur o.a. Cath Theron, New Surreal Comics, Al Krok, Dolf Nel, Opal Goldring, Francois van Rooyen, dandydella en Penda Diakité.

In totaal is daar 117 bydraers van o.a. Suid-Afrika, Australië, Nigerië, Zimbabwe, Tanzanië, die VSA, Frankryk, Mali, Italië en Noorweë.

Vanjaar se Ons Klyntji word geldelik ondersteun deur Oppikoppi, US Woordfees, Protea-boekhandel en Tuin van Digters.

Die redakteurs is Alice Inggs, Erns Grundling en Toast Coetzer.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Ons Klyntji jaargang 122 word bekendgestel gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand