Raak wys oorie Ashley Kriel-storie in Action Kommandant

Raak wys oorie Ashley Kriel-storie in Action Kommandant
Ashley_Kriel_school_photo_via_Nadine_Cloete.jpg

'n Storie wat vêde strek as net Kriel as aktivis

Action Kommandant (2016) is ’n dokumentêre film waa’in die storie vannie bekende studenteaktivis, Ashley Kriel (1966—1987), vetel word. Die film is gereggisee en vevaadig dee Nadine Cloete en die legendariese Kriel se politieke deelname en hoe hy die ranke innie ANC geklim’et, word veken. Dit bevat ’n anne narratief as dié van Kriel as terrorist soes’et deerie apartheidregering voogestel is. Kriel is vemoor (op die ouderdom van 20) deerie apartheidpolisie vi sy agtevolging van totale vryheid vannie nie-blanke bevolking van Suid-Afrika, vannaf die blanke regering.

Innie film word Kriel se lobaan uitgebeeld; vanaf sy vroeë blootstelling aan aktivisme dee saam met sy ma ’n protes vi beter behuising by te woon (weens die gedwange verskuiwing van voormalige kleurlinggemeenskappe soes District Six na die ghetto’s vannie Kaapse Vlaktes) na Kriel se betrokkenheid by Umkhonto we Sizwe, die militaristiese afdeling vannie ANC. Dit is duidelik dat Kriel’ie net sy eie gemeenskap van Bonteheuwel oppie Kaapse Vlaktes wys gemaak’et van hulle mag as hulle saam staanie, ma oek die hele nasie — ’n impak wat nasionale erkenning vedien.

Cloete maak gebruik van argiefmateriaal, illustrasies, oorspronklike musiek van Kyle Shepard en onnehoude met dié wat vi Kriel geken’et om ’n storie te vetel wat vêde strek as net Kriel as aktivis. Persoonlike stories oo’ Kriel as vriend, broer, seun, leerder, aktivis en soe-ante, gierie kyker ’n dieper begrip van Kriel. Action Kommandant vetel oekie humoristiese stories soes Kriel se deelname as ’n GAP-brother (’n akroniem wat staan vi General, Angel ennie holy Pope), wat Kriel en sy twee vrinne gebind’et in broederskap, en hulle liefde virrie motjies — eder assie bendes.

Kriel se storie is uitgelaat in baie geskiedenisboeke, ve-al dié wat innie gemeenskappe wa hy die grootste impak gehad’et, soesie Vlaktes, beskikbaar is. Cloete sê wel: “Daar is onderwysers wat besluit het dat die storie van Ashley Kriel deel van hulle klasse moet word. Onderwysers van Bonteheuwel tot Wynberg en Lavenderhill, het Ashley Kriel ’n subject in hulle klasse gemaak.” Dee Action Kommandant bring Cloete die gesprek van Kriel en waarvoor hy gestaan’et na spasies wa’et nodag is, byvoorbeeld na hoërskoolleerders wat Kriel se impak op hulle lewens bespreek.  

Action Kommandant is in Oktober van 2020 dee Showmax opgeneem. Dit sal nou op die skerms in mee as 50 lande wêreldwyd beskikbaar wies. “Showmax is ’n groot platform en hopelik kan meer mense dit nou access. Nie almal het toegang tot Showmax nie, so ons sal aanhou met community screenings,” sê Cloete. Erfenismaand 2020 het nóg goeie nuus gebring vi diegene soes Cloete wat die stories van vryheidsvegters verhewe, met die Freedom Square in Bonteheuwel wat as provinsiale erfenisterrein verklaar is. Dit beteken dat’ie Freedom Square, wa vryheidsvegters gereeld saamgekom’et om te stratigeer, nou die hoogste vlak van bekerming kry soos verklaar innie Wet op National Erfenishulpbronne 25 van 1999.

image--014.jpg
10523834_10152559936262177_2197538018818444023_n.jpg
10489622_10152559936407177_8338613373203573030_n.jpg
CkaoXrzWkAESLGJ.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Raak wys oorie Ashley Kriel-storie in Action Kommandant gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand