Vrye uitdrukking in São Paulo vasgevang deur Carl van der Linde

Vrye uitdrukking in São Paulo vasgevang deur Carl van der Linde
Carl van der Linde - Mode Boek1.jpg

Kulturele verset teen 'n onderdrukkende regering

Carl van der Linde se deurlopende Modeboek-reeks bevat foto’s van sy onlangse reise na São Paulo. Dit is vasgevang op 120 mm-film. Uitgebeeld is van sy vriende, sowel as modelle, kunstenaars, musikante en ander mense wat hy op straat ontmoet het. Van der Linde vertel dat die straatkultuur van São Paulo en dié se inwoners (Paulistas), die beste met behulp van kleurryke foto’s beskryf kan word. “Dis ’n omgewing waar die skeidslyne van gender en seksualiteit heeltemal vervaag – vir ’n paar dae tydens die Karnaval word die hele stad ’n reuse middelvinger wat aan die Brasiliaanse fascistiese regering gewys word.” Dit sluit aan by die stedelike agtergrond wat São Paulo bied: pastel kleurskemas versag die harde lyne van die geboue in brutalistiese styl. “Die mense is vriendelik en trots, en het absurde tog wonderlike styl,” vertel die fotograaf.

Van der Linde se vriendin Romy Ortega, die bestuurder van verskeie elektroniese musikante in São Paulo, het as sy nie-amptelike toergids gedien. Hy het by Romy se woontel in die distrik van Santa Cecília gebly en het haar vriendinne hier ontmoet. Dit is hierdie mense wat prominent in die reeks voorkom. Hy het ook die model Paolla Di Mônica slegs twee uur voor haar vertrek na die Paryse Modeweek ontmoet. “Sy het goedgunstiglik ingestem dat ek ’n paar foto’s van haar neem. Haar Gucci-styl word beklemtoon deur baie interessante tatoeëermerke, helderoranje hare en ’n energieke houding. Haar kamermaat, Cara Pasqualini, is ’n modeontwerper en het my gehelp met die stilering.”

Van der Linde is woonagtig in Kaapstad; sien sy webwerf hier.

Final Scan (58)-2.jpg
Final Scan (57).jpg
Carl van der Linde - Mode Boek30.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek2.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek3.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek10.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek7.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek16.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek5.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek6.jpg
Carl van der Linde - Mode Boek9.jpg
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Vrye uitdrukking in São Paulo vasgevang deur Carl van der Linde gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand