'n Ou queen en drag kunstenaar Nathan Kennedy praat Gayle

'n Ou queen en drag kunstenaar Nathan Kennedy praat Gayle
Edw3VU3WAAA8Bdy.jpg

Hul ontmoeting in Prins Albert ontaard in 'n film – kyk dit hier

Die jong drag performer, Nathan Kennedy, is een van die min mense wat Gayle praat, ’n kodewoord-taal wat deur die queer-gemeenskap tydens apartheid geskep is. In Prins Albert soek Nathan vir Louis van Brakel op, ’n oorspronklike Gayle-spreker saam met wie hy ’n vertoning in die konserwatiewe Wes-Kaapse dorpie wil doen. Die twee mans, wat mekaar hier vir die eerste keer ontmoet, is twee generasies uit mekaar gebore en het in hoogs verskillende kulturele en rasagtergronde grootgeword.

The Men Who Speak Gayle is een van drie kortfilms in die More Films For Freedom-projek, ’n reeks kruiskulturele kortfilms wat deur LGBTIQ+ filmmakers uit Engeland in samewerking met storievertellers uit Afrika en die Middel-Ooste gemaak is, in opdrag van die British Council, BFI Flare: London LGBTIQ+ Film Festival en BFI NETWORK.

Die regisseur, Andrew Brukman, is ’n gay filmmaker wat in Suid-Afrika gebore is. Hy het al verskeie films in Afrika gemaak en woon in Londen. Nathan Kennedy is ’n jong drag kunstenaar wat in Mitchell’s Plain gebore is en is bekend vir sy video’s op Facebook.

“Ons hoop dat hierdie film sal bydra aan queer-sigbaarheid, veral in Afrika, en dat dit sal voortgaan om ons queer-narratief, wat dikwels deur apartheidpolitiek oorskadu is, te verbreed,” vertel die produksiespan.

Kyk die film hieronder

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'n Ou queen en drag kunstenaar Nathan Kennedy praat Gayle gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand