Jeremy Pelser: van Pretoria tot Berlyn

Selfportret

Sy edgy estetika as fotograaf en model

Jeremy Pelser (25) kom van Pretoria en het in 2017 Kaapstad toe getrek om film te swot. Bykomend tot sy werk as fotograaf is hy ook ’n model vir Boss Models in Suid-Afrika en vir CORE met kantore in Berlyn. Hy vertel dat die plaaslike en Europese mode- en modelbedryf hom sterk beïnvloed as fotograaf, en dat daar ’n noue wisselwerking tussen dié dissiplines is. As fotograaf gebruik hy digitale en filmkameras om sy visie te verwesenlik en hy benadruk dat hy graag sy fotoprojekte in boeke wil omskep. Sy werk het al verskyn in Contributor Magazine, Kunst, Nataal en Metalhead Magazine, onder meer.

Selfportret

Sy estetika is nouliks verbind met die internasionale tendens om hipermaskuliniteit te queer en om met gendernorme te speel. Hy gebruik gevonde internetbeeldmateriaal en ’n camming aesthetic om sy persona in te vul. Sy styl is verfrissend en beslis nie vasgevang in Pretoria nie. Terwyl ek visuele verwysings in sy werk na die queerpunk fotograwe Peter de Potter, Matt Lambert, Slava Mogutin en Bruce LaBruce sien, noem hy die Suid-Koreaanse Cho Gi-Seok as ’n primêre visuele invloed: “Sy werk is kosteloos en absoluut outentiek. As ek die geld gehad het, sal ek al die mure in my huis met sy werk plak.”

Jeremy vertel dat Afrikaanse kultuur ook deel is van sy uitsette, al daag sy beeld hoofstroomneigings uit. “Wat dit vir my beteken om Afrikaans te wees, het al baie verander. Ek wou op ’n tyd daardie taksering van my af verwyder, maar ek is op ’n punt waar ek so trots is daarop – al is die idee van ‘trots Afrikaans’ nie dieselfde in almal se oë nie, maar dis juis hoekom ek nou anders voel daaroor.” Hy noem dat hy veral belangstel in die Afrikaanse kultuur se verhouding met moffies en randfigure. Op sosiale media noem hy homself maanskyn moffie en nou cyberpunk boyfriend. Ons deel ’n seleksie van sy fotografie.

Jonty Knight

Thapelo Mofokeng vir Contributor Magazine
Stilis: Ky Bxshxff

 

Bethany de Waal van Kult Models
Stilis: Ky Bxshxff

 

Luke Anderson van Kult Models

 

Lukmon van Kult Models

William Eveleigh van Boss Models
Stilis: Ky Bxshxff

Jihoon vir Kunst Magazine
Stilis: Ky Bxshxff
Bystand: Wesley Janse van Rensburg

 

Khalil van 20 Model Management

 

Thapelo Mofokeng van Boss Models
Stilering: Thapelo Mofokeng

 

Benjamin Jackson van Boss Models

 

Travis Raft van Boss Models

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Jeremy Pelser: van Pretoria tot Berlyn gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand