Marlene Steyn: 'n Skildery is 'n b-O-rrelbad s-O-nder b-O-dem

Marlene Steyn: 'n Skildery is 'n b-O-rrelbad s-O-nder b-O-dem
Marlene Steyn, Sis Versus Sisters, 2017, Oil and Mixed Media on Canvas, 190 x 277 cm

Marlene Steyn, Sis Versus Sisters, 2017, Oil and Mixed Media on Canvas, 190 x 277 cm

Marlene Steyn se skilderwerk en beelde van keramiek is soos koeksisters. Liggame geknoop, gebuig en gedraai – in joga-agtige posisies – ten einde nes-ingewikkelde gedagtes te ontknoop. In die skryfstuk hieronder pen sy haar benadering tot skilder neer. “Dis hoe ek oor my skilderye dink: as ’n spasie van die onderbewussyn. Ek was geïnspireer deur Antonin Artaud se beskrywing van ’n skildery as ’n “bottomless whirlpool” en ook deur sy idee van die subjek as ’n “body without organs.”

Dis soms ’n moeilike besigheid om in ’n liggaam te leef. Die kunstenaar voel die wêreld binne en buite die vlees aan deur om beide die waarnemer en waargeneemde te wees; binne en buite, bewustelik en onbewustelik, liggaamlik en psigies. Jy kan haar karakters in jou geestesoog sien as gevlegte arms en bene in ’n swembad, of knieknoppe, gesigte, bolvormige borste en boude as volleyballe wat heen-en-weer deur die lug vlieg. In haar teks word al die O’s gebruik om borrels uit te beeld – “dis vir my belangrik dat ’n teks oor skilder visueel moet wees,” sê sy.


19d1183f8d199e8e1c4767f43bf5de44.jpg

'n Skildery is 'n b-O-rrelbad s-O-nder b-O-dem

'n D-O-rs O-liebad met terpentyn b-O-rrels wat haar insluk en baar t-O-t O-nherkenbare gebare. 'n Maalstr-O-O-m met melkerige maaltande wat deur sikliese sp-O-egstr-O-me k-O-u en haar melksk-O-mmel. In die sk-O-mmelende b-O-rrels vergeet sy wie O-f waar sy is: mens O-f st-O-el – gees of elmb-O-O-g – verf O-f c-O-lgate na-smaak. Die warb-O-el van b-O-rrels is metab-O-lies en w-O-rd ger-O-er in die baarm-O-eder met eetlepel en gr-O-wwe s-O-ut. Sy en haar sye w-O-rd geklits met eierwitte tot r-O-O-merige v-O-lr-O-nde kl-O-nte verm-O-m as kwashale. Sy bestaan uit b-O-rrels in die v-O-rm van kleint-O-O-ntjies en p-O-rieë. B-O-rreltjies wat s-O-dra hulle v-O-rm, p-O-p. R-O-nde k-O-nte met deursigtige p-O-l-O-necks.

O-nder uit die b-O-demlose b-O-dem w-O-rd O-er O-ue b-O-rrels O-pgest-O-O-t O-m die O-ppervlak te verkleur. In die middel van die b-O-rrelbad sikl-O-O-n rus 'n h-O-l O-O-g: 'n Sikl-O-O-n - sikl-O-O-p wat O-nder m-O-dder en melkerige O-liewater kan sien. M-O-dder kan O-O-k die m-O-eder wees. Sy knip haar O-ë en plak hulle O-p haar b-O-ude. Sy is verv-O-rmbaar O-p die glibberige O-ppervlak van die skildery.

Die skildery b-O-rrelbad gee gr-O-enhare en m-O-ndskuim. Sy is s-O-nder 'n sn-O-rkel, haar nekpl-O-O-ie kan O-O-k kiewe wees, afhangend van haar t-O-e skouer en O-O-p naeltjie. Haar liggaam r-O-teer in 'n O-neindige str-O-O-m van kraam, geb-O-O-rte, miskraam en hergeb-O-O-rte. O-nder haar b-O-dem is n-O-g b-Odems maklik misgis vir b-O-rste of knieë. Tepels in teelepels s-O-nder melk, net 'n bietjie b-O-e-g-O-e.

Sy is h-O-l egg-O's van b-O-rrels s-O-nder alk-O-hol. 'n Hermafr-O-dietiet se skuimbaard wat disintegreer tot 'n sn-O-rwater. Sy sien haarself, en haarselwe sien haar sye O-O-k. Hulle st-O-O-t die v-O-O-rgrond O-nder die mat in m-O-lst-O-nnels t-O-t in die agtergr-O-nd. Agterna gaan st-O-fsuig sy die gr-O-nd O-m die b-O-rrelbad te m-O dderbad. Sy swem b-O-rsslag deur die b-O-rrels met kwashare in r-O-O-i swemkappie.

Die b-O-rrelbal is O-O-k 'n O-seaan, gek-O-ppel met haar vlegsel aan dr-O-me uitgesaai O-O-R wireless O-O-rf-O-ne. 'n K-O-smiese bad, n swart gat, 'n h-O-lte in die melkweg; dit is O-O-k n druppel melk wat drup uit die m-O-eder se tee lepel.

Al haar dele is O-nsamehangend O-p die wasg-O-edlyn, gedeeltelik O-nv-O-lledig met l-O-s s-O-me en d-O-O-ie punte. Sy weerstaan 'n sk-O-O-n paragraaf; want h-O-e kan w-O-O-rde al haar sye en selwe en warrelende buie skryf. Haar k-O-p fluister in bl-O-uk-O-lle en haar lyf neurie in gr-O-en skribbels terwyl haar brein dwaal na die eiergeel van gister. Alles in een hap O-p haar palet gesk-O-mmel in die b-O-deml-O-se b-O-rrelbad; O-lieverf b-O-rrels en shamp-O-O vir haar vuil kwaste.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Marlene Steyn: 'n Skildery is 'n b-O-rrelbad s-O-nder b-O-dem gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand