Twee nuwe singles van Somerfaan

Twee nuwe singles van Somerfaan

Klyntji was by die launch van Somerfaan se twee nuwe singles, ‘Did I steal your words’ en ‘Donker dae’, by sy studio in Melville. Die vrystellings kom ná sy vorige album Alien Boogie Stuff (2015). Sout van ’n ander aarde, vir ’n gesoute luisteraar.

In Donker dae neem Somerfaan die vorm van ’n gewonde wildehond aan wat moet bely. Lanimybru, as sy gewete wat spook, agtervolg hom soos ’n onvergewende hiëna deur die nag. Liefde! Hartbreek! Onheil!

“Tricky is probably the best reference, not just in the sonics but in the way he elevates the female in both performance and the lyrics. I’m not sure if Somerfaan realises how powerful this is in a post-Weinstein world?” vra Diane Coetzer, voormalige musiekredakteur van Rolling Stone South Africa. Sy gaan voort: “Of course there is definitely a cinematic quality to this song and I do love the opening sample/moments, which plants him firmly in Africa”.

Deon Maas sê die volgende oor Somerfaan se nuwe musiek: “As iemand ooit weer sê dat dit kak is om oud te word, pop ek hulle net daar op die neus!”

‘Did I steal your words’, ook met Lanimybru, het Somerfaan aan die rap oor die vraag oor ware oorspronklikheid. Daar’s baie aan die gang in hierdie trip-hop duet; ontsluit dit op jou eie risiko.

“I’ve listened to this many times and, mostly, I love the sweetness and subversion of the Snoop-paced male-female back-and-forth rapping, but fuck, I also love the electronic madness that’s slowly exploding,” sê Diane Coetzer oor die track.

Stream die musiek op iTunes, Google Play Music en dies meer.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Twee nuwe singles van Somerfaan gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand