Esther Mahlangu stal uit saam met Yoko Ono en ander bekendes

Insluitende Nandipha Mntambo, Mary Sibande, Claudette Schreuders en Jane Alexander

BMW-Individual-7-Series-by-Esther-Mahlangu-4.jpg
BMW-Individual-7-Series-by-Esther-Mahlangu-3.jpg

Esther Mahlangu se Ndebele muurskilderye maak haar een van die mees beduidende lewende kunstenaars in Suid-Afrika. Sy het egter nie altyd die erkenning gekry wat haar toegekom het nie, maar is nou op die piek van haar kunstenaarsloopbaan op 82-jarige ouderdom. Sy vertel graag hoe sy as kind op hulle familiehuis geverf het, maar dat sy uitgetrap was oor haar skewe lyne. Sy moes agter op die veekraal gaan oefen en ná sy die kuns bemeester het was sy toegelaat om weer vooraan die huis te verf. Sy is later in die kunswêreld opgeneem en aangemoedig om haar werke te begin teken met haar naam. Dit is nou van die mees-waardevolle versamelwerk wat Suid-Afrika aan die wêreld bied. BMW het ook redelik onlangs 'n eksklusiewe reeks versamelmotors uitgebring, gebaseer op Mahlangu se kuns. Mahlangu is verlede jaar in Manhattan, New York geëer met 'n geverfde pad geïnspireer deur haar tekeninge. Sien 'n video onderhoud met die kunstenaar hier.

download (1).jpeg

Dit is by die Nirox 2018 Winter Sculpture Fair, 12-13 Mei naby Muldersdrift, waar Mahlangu se nuwe mural ten toon gestel gaan word. Yoko Ono bring ook haar van haar installasiewerke wat bekend is vir die introspeksie en vrae wat dit by kykers ontlok. Nandipha Mntambo en Mary Sibande se kontroversiële werk is ook te sien. Die sterk line-up van vrouekunstenaars spreek die hewige geslagsongelykheid in die kunswêreld aan en die tema is geïnspireer deur die TED Talk "The danger of a single story" deur die skrywer Chimamanda Adichie. Sy praat oor die belangrikheid van afrosentriese stories in die wyer Afrika oorgeneem deur Westerse kultuur en denkwyses. Deur haar werk bou sy aan 'n teen-narratief van 'n gestereotipeerde kontinent.

Die voorlopige lys sluit in: Yoko Ono (Japan/VSA), Esther Mahlangu (SA), Nandipha Mntambo (SA), Mary Sibande (SA), Nelisiwe Xaba (SA), Claudette Schreuders (SA), Jane Alexander (SA), Marcia Kure (Nigerië), Bronwyn Katz (SA), Beth Diane Armstrong (SA), Frances Goodman (SA), Mwangi-Hutter (Kenia-Duitsland), Marianne Lindberg De Geer (Swede), Lungiswa Gqunta (SA), Gunilla Klingberg and Peter Geschwind (Swede), Caroline Mårtensson (Swede), Whitney McVeigh (VK) en Sophia Van Wyk (SA).

 

  • Foto's: BMW Suid-Afrika

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Esther Mahlangu stal uit saam met Yoko Ono en ander bekendes gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand