Hierdie onderklere-reeks is onbeskaamd vroulik

Hierdie onderklere-reeks is onbeskaamd vroulik

Koeksuster nooi jou uit na inklusiewe feminisme

IMG_6594.png

Feminisme is 'n breë konsep wat vir vele mense verskillende betekenisse inhou, iets wat Marli Grobbelaar goed verstaan. Sy het in Augustus 2016 begin bou aan die Koeksuster brand wat van 'n klasprojek na iets heelwat groter gegroei het. Sy spreek haarself geensins uit teen die verskillende vorme van feminisme nie, maar vier eerder die diversiteit daarvan. Sy het wel haar eie aanslag wat sy mee gemaklik voel en uitbeeld. Sy noem dat ná sy baie meningstukke, artikels en gesprekke oor die onderwerp gelees het, sy besef het dat om 'n feminis te wees meer beteken as om jou bra te verbrand en skeermes weg te bêre. "Ek het gevoel daar is 'n tekort van verteenwoordiging van vroue wat nie uiters uitgesproke oor hulle seksualiteit is nie.

"Alhoewel ek feministe ondersteun wat openlik kan praat oor alle aspekte van hul lewens, het hierdie feministiese platforms dikwels intimiderend gevoel en moeilik om te benader. Koeksuster wil dit dus daarbuite plaas dat ons 'n meer inklusiewe en uitnodigende feminisme nodig het. Kortom, ons wil 'n boodskap bevorder wat meisies vertel dat jy enige grootte, kleur of seksuele oriëntasie kan wees en pragtige lingerie net vir jouself kan dra." Die woordspel van "koek" en "suster", wat na 'n meer konserwatiewe meisie en haar klere verwys, vind hierby spesiale aanklank. Marli het by haar ouma leer stik, en verkoop verskilldende kledingstukke op Koeksuster se webtuiste, waarop sy ook blog oor feministiese kuns en kultuur.

IMG_6589.png
IMG_6688.png
IMG_6652.png
IMG_7005.png
IMG_6798.png
koeksuster feminisme.png
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Hierdie onderklere-reeks is onbeskaamd vroulik gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand