ModeKlyntji

'Broke Boys' van Kuilsrivier

ModeKlyntji
'Broke Boys' van Kuilsrivier

Mode op die straat

Die Amsterdamse ontwerperskollektief The New Originals het met 20-jarige Andile Dlamini en die 22-jarige Sindiso Thsuma, twee aspirant modeontwerpers van Kuilsrivier, saamgewerk met die skep van hulle nuutste shoot. Dié jongens, ook bekend as Ace en Sindio, is besig om te werk aan hulle eie streetwearlabel, Broke. The New Originals vertel dat Broke se laaste drop gegaan het oor Kaapstad se waterkrisis, met eenvoudige t-hemde wat “Day Zero” en “Save Water” gelees het. Hulle hoop om deur hulle talent en dryfkrag uit Kuilsrivier te kom. Dié shoot is ook al deur i-D Nederland gefeature.

Ace en Sindio het self die styling van die shoot gedoen om hulle eie visie na vore te laat kom. Nick van Tiem is die fotograaf.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van 'Broke Boys' van Kuilsrivier gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand