Trotse Tert is 'n skepsel van Die Moot

Trotse Tert is 'n skepsel van Die Moot
kant3.jpg

Blünke Janse van Rensburg se alter ego

Jy kry nie foto’s van ingenome tannies wat langsaan peppermint crisp- en melkterte staan by ’n kerkbasaar as jy “trotse tert” google nie. Nee, jy kom eerder af op Blünke Janse van Rensburg, ’n meisie van Die Moot in Pretoria. Haar digitale alter ego en persona, Trotse Tert, trek inspirasie van al die growwe en rowwe dinge wat in Die Moot te vinde is. Haar estetika is ’n vermenging van religieuse ikonografie, die Wilde Weste, vroulikheid, seksualiteit en ’n goeie dosis verbruikerskultuur kitsch, “flash trash”. Dis ’n ontvlugting van wat vaal en vervelig is, ’n onbeskaamde verklaring van selfaanvaarding in die digitale eeu.

Blünke is ’n kunstenaar en modeontwerper. Sy bly nou in die Kaap. In die modefilm hieronder, getiteld Lonely Cowboy, het sy saam met regisseur Maxime Thaysen en stilis Gavin Mikey Collins gewerk vir die aanbied van haar klerereeks onder die ontwerpersnaam Blünke. Dit het onlangs gedebuteer op Nataal. Die digitale kuns is in samewerking met Koos Groenewald as fotograaf en Collins as stilis geskep.

Blünke se modefilm Lonely Cowboy

Trotse Tert (digitale kuns)

kant4.jpg
trotsetert8-copy.jpg
TT2.jpg
trotsetert3-copy.jpg
trotsetert4-copy-3.jpg
trotsetert6-copy.jpg
trotsetert5-copy.jpg
trotsetert2-copy.jpg
trotsetert1-copy.jpg

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Trotse Tert is 'n skepsel van Die Moot gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand