Suid-Afrikaanse kortfilm oor waterkrisis vir 'n Emmy benoem

Scenes from a Dry City ontbloot Kaapstad se waterskeidingslyn – kyk dit hier

’n Kortfilm wat oor Kaapstad se waterkrisis handel, is onlangs vir ’n Emmy-toekenning benoem in die kategorie Outstanding Short Documentary. Scenes from a Dry City, onder regie van Simon Wood en die reeds Emmy-bekroonde Francois Verster, het ook vroeër vanjaar die World Press Photo Online Video of the Year-toekenning verower.

Kaapstad se waterkrisis het haar bewustheidskruin in 2018 bereik, en het internasionale media se aandag getrek as een van die eerste stede ter wêreld wat die dringende risiko beloop om haar waterhulpbronne uit te put. Die vlymskerp, deursigtige regie ontbloot egter ook die skewe verspreiding van die nagevolge van die krisis danksy Suid-Afrika se rasse-ongelykheid en drastiese inkomstegaping.

You cannot make a profit out of water. Water is necessary for life. It does not mean if you don’t have money you can’t have water.
MV5BYTY0MGY4NDQtZjBjZi00MzhmLTkxOGEtMWNkNGNmMDNkNjdhXkEyXkFqcGdeQXVyMjQwMDk2NDY@._V1_SY1000_CR0,0,1302,1000_AL_.jpg

Die omgewingskrisis word gevolglik deur ’n diverse lens beskou, onder andere deur dié van onwettige karwassers en van betogers teen waterprivatisering. Sonder kommentaar word hierdie tonele verweef met dié van yl-gevulde kanale en reservoirs wat stilweg die verwoestende gevolge van die droogte uitwys. Kykers wat nie welbekend met die politieke landskap van Kaapstad is nie, mag vervreemd voel van die uitbeelding van die stad tydens die droogte.

“You cannot make a profit out of water. Water is necessary for life. It does not mean if you don’t have money you can’t have water,” spreek een van die betogers ’n skare in Kaapstad toe. “We must provide water for everybody and it must be free.”

Hoewel die onheilspellende Day Zero vir eers omseil is, dien hierdie kortfilm in 2020 opnuut as ’n herinnering aan die ongelyke skaal waarop bepaalde gemeenskappe in Suid-Afrika keer op keer hulle balans moet probeer vind om basiese dienste te bekom, terwyl ander soos konings kan leef, selfs tydens ramptoestande.

Kyk die kortfilm hieronder

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Suid-Afrikaanse kortfilm oor waterkrisis vir 'n Emmy benoem gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand