Leanne Olivier se rituele portretkuns oor die heilige vrou

Leanne Olivier se rituele portretkuns oor die heilige vrou
BONE AND FLOWER WREATH, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 130 x 100cm

BONE AND FLOWER WREATH, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 130 x 100cm

Skilderye met 'n sjamanistiese inslag en 'n klassieke benadering

Leanne Olivier stel as deel van vrouemaand haar nuutste uitstalling The Medial Women (oftewel Die Mediale Vrou) bekend, saam met ’n kortfilm oor haar denkwêreld. Dit handel oor wat sy as die “heilige vrou”, of die sacred feminine beskryf. Die uitstalling sou in Valencia, Spanje gewys het, maar is afgestel weens die “Great Global Pause”, aldus Olivier.

“My nuutste kunswerke word toenemend beïnvloed deur idees en praktyke wat met sjamanisme verband hou, saam met eksistensiële denke (die menslike kondisie en die situatedness of being) wat uitgedruk word in sekere Absurde teaterstukke,” vertel Olivier. Sy beskryf Samuel Beckett en Andre P Brink as invloede. Soos met teater is haar kuns ook ietwat “staged”, veral in haar vroeër werk. “Ek speel met die idee van mense as akteurs, marionette of poppe.”

Ek stel belang in die liminiale (tussenruimtes) van die menslike psige en ervaring. Ek gebruik klei, as, grond, bene en plantmateriaal as middele om die wese van bestaan te ondersoek en te herontmoet; ook om idees oor normaliteit uit te daag: ‘The idea you have of yourself suffers from ideas it has about itself.’
— Leanne Olivier

Olivier werk met fyngemaalde klip, in die gees van die San en Khoikhoin (meervoudvorm - Red.) se rotstekeninge, sowel as met olieverf. Haar invloede is ’n mengelmoes van verskeie rasse, kulture en idees (dink Voortrekker-kappies en Spaanse sluiers). Sy lig dualiteite uit: “Mens/dier, natuur/wetenskap, irrasioneel/rasioneel, droom-staat/bewussyn en waar hierdie lyne vaag word.” Sy voeg by: “In wese is my doel om met vaste konsepte in die samelewing te speel deur onreëlmatighede, onsekerhede en die mens se behoefte om dinge te laat sin maak, waar te neem.”

Olivier is in 1986 in Pretoria gebore, waar sy steeds woon en werk. Van haar vorige uitstallings sluit in Gedaanteverwisseling (2016, Rust en Vrede-galery) Intrinsic/Extrinsic (2017, Jan Royce Gallery) Maskers (2018, Woordfees) en Tussen Stasies (2019, Trent Gallery).

Kry die katalogus van die uitstalling hier.

 

Kyk die kortfilm hieronder

Dit is verfilm deur Adriaan Esterhuizen.

 
STUDY BONE AND FLOWER WREATH, 2020, verbrande karmynpotloodpigment op hahnemuhle , 94 x 68cm

STUDY BONE AND FLOWER WREATH, 2020, verbrande karmynpotloodpigment op hahnemuhle , 94 x 68cm

STUDY CASCADE OF ASHES, 2020, Verbrande karmynpotloodpigment op hahnemuhle, 94 x 68cm

STUDY CASCADE OF ASHES, 2020, Verbrande karmynpotloodpigment op hahnemuhle, 94 x 68cm

LA QUE SABE, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 130 x 100cm

LA QUE SABE, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 130 x 100cm

LIFE DEATH LIFE, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 130 x 100cm

LIFE DEATH LIFE, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 130 x 100cm

BEHOLD, I MAKE ALL THINGS NEW, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 100 x 100cm

BEHOLD, I MAKE ALL THINGS NEW, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 100 x 100cm

SHE RETURNS, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 200 x 130cm

OPHELIA AWAKENS, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 91 x 61cm

OPHELIA AWAKENS, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 91 x 61cm

RIVER-BENEATH-RIVER, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 76 x 76cm

RIVER-BENEATH-RIVER, 2020, hematiet-klip en olie op doek, 76 x 76cm

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Leanne Olivier se rituele portretkuns oor die heilige vrou gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand