Die poetics innie paintings van Kay-Leigh Fisher

Die poetics innie paintings van Kay-Leigh Fisher

Kay-Leigh Fisher, A dance with Grace, 2021, houtskool en kryt op bruinpapier. Foto: Cruise Mnguni

Beautiful en political op dieselfde tyd

Die fine art artist en art curator, Kay-Leigh Fisher, isse kunstenaar wie se naam jy op jou lippe moet hou. Sy was in 2020 saam met Thabang Kanyane een vannie interns by UCT se Centre for Curating the Archive. Sy was onlangs een vannie recipients vannie 2022 Bag Factory Young Womxn Studio-beurs, saam met Nadia Myburgh. 

Ek is attracted towards haa drawings omdat sy dit regkry om ’n vrou en terselfdertyd, en baie belangrik, ’n vrou van kleur se real, raw en riveting life experiences op te som in een kunswêk. Dis asof sy poetry skryf met haa charcoal, chalk en paint. 

Fisher het grootgewôd in Johannesburg en het haa bachelor’s degree in 2019 annie Universiteit van Witwatersrand voltooi, en in 2020 haa honours in curatorship byrie Michaelis School of Fine Art. Fisher onnersoek en beoefen temas in haa wêk wat fokus op die wordingsreis, bekende verhoudings met objects en hoe ideals van racial en gender identity deu hierdie temas en ervaringe reinforced wôd. Dit is nie net sigbaa in haa drawing series nie, maa oek innie titels vannie individual drawings. Titles sluit onner andere in Becoming, Wrongful Longing, A Dance with Grace en Still, waters run... Jou subjective experience mettie drawing expand die meaning en extend die journey wattie figuur innie drawing aanpak. 

Kay-Leigh Fisher, Still, waters run..., 2022, houtskool, kryt en waterverf op bruinpapier. Foto: Cruise Mnguni

My gunsteling is Still, waters run… Nie net issie titel self heightened met emotional baggage nie, maa die drawing gie die impression dat despite alles, haloep die water nog steeds. Despite alles wat deurie jare probee afbriek het, issie vrou nog steeds hie, biesag ommie dors te les. Biesag om te voed. Biesag. Still, waters run… lat my dink annie poem ‘did our mothers invent loneliness’ deu Sudanese-American poet, Safia Elhillo (The January Children, 2017).

we come from men who do not know when they were born & women shown to them in photographs whose children left the country & tried for romance & had daughters full of all the wrong language

In ’n onnerhoud met Lindelwa Masuku vi Joburg Post sê Fisher rondom haa creative process dat sy editorial content op social media bewustelik explore en consume. Sy sê dat sy meditate oppie “subversive messages” agter die images en dan apply sy die “notions of care” om die manier waarop sy die mense sien te reshape.

Kay-Leigh se wêk offer virrie gewone kind van kleur die geleentheid om te sien hoe hulle die narratives kan change, die wiel skerp kan draai en hoe ommie verantwoordelikheid wat gekoppel is aan skep, goed te utilise. Haa kuns issie perfekte example van hoe die personal political is en vice versa. Dis alles intricately en intimately woven. Toni Morrison het gesê: “It has to be both: beautiful & political at the same time. I’m not interested in art that is not in the world. And it’s not just the narrative, it’s not just the story; it’s the language & the structure & what’s going on behind it.”

Kay-Leigh Fisher, Occupied, 2021, houtskool en kryt op bruinpapier. Foto: Cruise Mnguni

Kay-Leigh Fisher, Becoming, 2023, houtskool, kryt en waterverf op bruinpapier. Foto verskaf deur die kunstenaar.

Kay-Leigh Fisher, Wrongful Longing, 2023, houtskool, kryt en waterverf op bruinpapier. Foto: Whitney Petersen


Hierdie storie is moontlik gemaak deur die Art Stories Incubator-program van Breinstorm Brand Architects, in samewerking met Klyntji en Iqoqo. Dit is befonds deur ’n PESP-3-toekenning wat ondersteun word deur BASA en die Departement van Sport, Kuns en Kultuur.

Creative Commons Licence
Dié storie is ingevolge ’n Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivatives-lisensie gepubliseer. Dit mag dus herpubliseer word onder die lisensievoorwaardes, solank ’n skakel na die oorspronklike Klyntji-storie ingesluit is, saam met die erkenning hierbo.
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die poetics innie paintings van Kay-Leigh Fisher gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand