Uitgawe Tweespel

Uitgawe Tweespel
DAUGHTERS WATERS

DAUGHTERS WATERS

SkoneSkraleSketsendeSkertsendeSkeppendeSteynSussies

 

'n Samespreking tussen: 

The Rare Librarian

Marlene Hettie Steyn


Die reuk van appels

                    onder my ken se kieliebak

ken herken verken

my tussen ooghoeke en mondlede

ek is 'n lid/ledemaat

'n dubbelken
   is dubbel kennis

Ek dimpels

die ander ek wimpers

ooglopend

skrefie knip oop en toe val lig

toonaangewend.


Adamsappel val nie ver van

haar tandepasta spoeg

bollende swanger wange

'n bolla met mangels

bolle ma kieste

maar ma kies die blou een

haar oogappel.

Oog haar kapsel 

uit haar heupe gewikkeld met 'n hand vol huppel

pelviese dialoog met haar bo-lip deur mik haar

Haarfyn.  Haarlijn.  Sylyn.  Sylangs

haar sye het elle lange vlegels

Sy haar kapsel

netjiese middelpaadjie wandel in skadu steigers agter sy oorlobbe

tot oormondvol
verby ken
keel- af
aambors

met 'n teelepel fyn naeltjies

knip
chip
met 'n dip tot in die doempie

in 'n klerekas van ribbe en mirre,
        linte en stringe

sliere.
slingerd.
tot af in die
wingerd

stokke is eier spatels
                    my eie spatsels

spat spater spatste

gesplete tepels fluister in agtergrond

piep       klein     tongetjies

in 'n amfiteater van melktande

op liplugkussings

onder 'n hemel te ver weg.

I AM A DOUBLE YOU KNEE BROW

I AM A DOUBLE YOU KNEE BROW

I AM A DOUBLE YOU

I AM A DOUBLE YOU

IN HER OUT HER SELVES

IN HER OUT HER SELVES

I AM A DOUBLE YOU TOO

I AM A DOUBLE YOU TOO

SUNNY SIDE UP SET HERS

SUNNY SIDE UP SET HERS

Marlene Steyn
Christi Steyn

The Rare Library

In samewerking met

Sublieme Serpe  
L’Mad Collection  / Lucy MacGarry  

Skeppers

The Rare Librarian / Juanita Køtzé
The Page Girl / Mandri Sutherland
Foto graaffeerder / SJ van Zyl
Haar Kap Vlegter:  Morné Marx / Kohl Make-Up Academy PTA
Wimpers  & Wange: Andrea van den Houten / Kohl Make-Up Academy CPT


Deel van die reeks Klyntjies