In Kaapstad? Gaan kyk hierdie play

In Kaapstad? Gaan kyk hierdie play
Laura Lee Mostert

Instagram alles, voor jy Alzheimer's kry

Lank lewe interdissiplinêre produksies! Daar’s ’n Vreemdeling In My Bed, met Liese Kuhn as regisseur, is ’n opkomende teaterproduksie, maar gaan ook gepaard met die trailer-film hieronder en sketse wat geprojekteer gaan word. Die video begin: “Op clicks se website sê dit meer as 44 miljoen mense wêreldwyd ly aan Alzheimer’s. 750 000 in Suid-Afrika. […] Snaaks hoe ons strewe om ‘present’ te wees. Selfhelp-boeke en Oprah en Deepak en meditasie en silent retreats en yoga, alewige yoga, daily diary entries, coconut water, lesings, gesprekke, self-refleksie, mantras, naels kou, self care, kaal swem in die see, cocaine, dagga, die ‘ek gaan Facebook vir ’n maand delete post’, korter familievakansies, bid.” Dan kom dit waarvoor jy gewens het – a way out.

Laura-Lee Mostert, die stuk se aktrise en mede-skrywer saam met Liese, vertel:

More often than not I find myself photographing moments and listening to the conversations happening around me. I am continuously practicing the art of archiving – be it by capturing the moment or mentally/physically writing it down. As an actress I was always taught that observation is key to the craft but it is also something which I find to be ingrained in my generation’s everyday ritual. With the birth of Instagram and Facebook came the birth of online archives, visual portfolios of the past and present. We obsess over remembering and often over our childhood nostalgia too. Marry that with a direct threat to memory; Alzheimer's, a disease which has been and still is on the rise, and we find ourselves in a world full of strangers as the deterioration of memory takes place. A sense of self is lost when precious moments and memories are lost.

Daar is n vreemdeling in my bed

Sy gaan aan oor die vertel van die karakter wat sy speel, Amelia: “[She] watches the disease eat away at her grandfather and as a result of its hereditary link, she finds herself drowning in a world of memory and loss of identity as she tries to combat it all by recording absolutely everything and everyone she hears and sees through her sketches and through repetition.” Die stuk is geïnspireer deur die sketse in Mike Mills se Beginners (2010). asook die lewenservarings en opnames van familielede en vreemdelinge.

Die sketse wat in die stuk gebruik word is deur Laura-Lee gemaak. “Spook.Asem het begin met die ongemaklike verveeldheid van die eerste jaar van vryskut. Iewers tussen nege-tot-vyf-kyk-na-’n-rekenaarskerm-werke en commercial castings en oudisies en kreatiwiteit wat iewers moes uitborrel, het ek maar begin skets. En skryf. Eers net op my eie, terwyl ek vir ’n oproep van my agent af wag, en toe op Instagram. Want lyk my niks gebeur eintlik as dit nie op Instagram is nie,” vertel sy. “Spook.Asem is ’n klomp laat-aand-gedagtes en ‘gedigte’. Met klem op die ‘’. Net soos Amelia, die karakter in Daar’s ’n Vreemdeling in My Bed gebruik ek Spook.Asem om rekord te hou van goeters en geeste en mense en gedagtes wat by my spook.”

Die stuk is deur Frikken Playhouse en Films produseer, ’n all-female produksiemaatskappy wat samewerking- en werksgeleenthede skep vir opkomende kunstenaars in die creative industry. Dit is die geboortekind van gegradueerdes Liese Kuhn (BA Theatre en Screen Performance) en Denicke Cronje (Anthropology, Media en Gender Studies). Hulle stel hul doel as: Championing courageous storytellers and the creative community.

Daar’s ’n Vreemdeling In My Bed wys die 17de, 18de, 19de Januarie om 20:00 by Alexander Bar

Laura Lee Mostert 2
Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van In Kaapstad? Gaan kyk hierdie play gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand