Ervaar jy 'n gemoedsbekakking? Hier is 'n kuur

Ervaar jy 'n gemoedsbekakking? Hier is 'n kuur

Kortfilms wat jou terug aarde toe bring

In uitdagende tye word ons herinner aan wat rerig saak maak. Die wêreld word tot stilstand gedwing en ons word genoop om ons plek in die heelal te bedink, om prioriteite te heroorweeg. Wat is belangriker: ekonomiese groei of volhoubaarheid? Green Renaissance (GR), ’n klein kollektief van filmmakers met ’n groot gevolg op Facebook, vra af hoe ons anders kan dink en leef. GR se missie is om die beeldskone, die inspirerende en die buitengewone in die alledaagse vas te vang. Die groep leef en werk off-grid. Hulle films word uit eie sak, sowel as deur crowdfunding gefinansier.

In die film hierbo wat op sosiale media en WhatsApp die rondte doen, met Antoinette Pienaar in die Groot Karoo, word daar gekyk na hoe ’n mens kan floreer, met eerste oënskou, in barre omstandighede. “If you look at zero, you see nothing. When you look through it, you see everything.”

Die verhaal van Tannie Poppie, die roosterbrood-koningin van Laingsburg wie se storie al deur talle media- en ander organisasies vertel is, word met deernis en nuwe diepte in die film hieronder vertel. Haar storie gaan om die transformasie van woede en hartseer na dankbaarheid en vreedsaamheid.

Oom Johannes is ’n kruiedoktor, geneesheer en storieverteller. Vir hom is die natuur medisyne om die gees mee te genees: “Lig vir die liggim.”

Severs Jooste bied ’n teenblik teen vandag se obsessie met uiterlike voorkoms en die verwringing van skoonheid. Volgens Severs kom ’n mens se outentieke skoonheid van die krag van binne.

Dié ouma van De Rust laat nie vir haar onderkry nie en wil niks weet van stilsit of ’n ouetehuis nie. Sy gaan elke bietjie lewe uitdruk.

Hermien de Vos van Kleinmond sê dat net soos ons ’n behoefte het aan die wilde natuur, kom daarmee saam ’n behoefte om terug te keer na antieke wysheid en tradisies om naby aan die aarde te woon en dit te verstaan.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Ervaar jy 'n gemoedsbekakking? Hier is 'n kuur gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand