Givan Lötz se MAW

Givan Lötz se MAW

Sy nuwe album het 'n video vir elke lied

MAW is Givan Lötz se derde vollengte album, ná sy debuut EASY NOW (2010) en SNARL (2013).

Musiekvideos vir elk van die 10 liedjies word stelselmatig vrygestel as deel van The Marl of Maw, ’n reeks wat verbind is in narratief.

Klyntji was by die album release by The Bioscope in Johannesburg, waar Givan uitgebrei het oor dié video’s. Dit is saamgestel uit gevonde beeldmateriaal wat saam met, en apart van, die musiek die gehoor na ’n verlore plek, êrens vêr van die hier en nou, neem. 

GivanLotz-Press1-2016.jpg

Die album sweef rond soos herinneringe van ’n droom. “Lyrical perspectives swell and distort, images fuzz into and from view, buoyed on the undulating melancholy, the inconsistent desire of instrumental undercurrents.”

Lötz is sensitief en bewus van die gewig wat klank en die stiltes daartussen, dra – dis dié tegniek van “timed space” wat uiting gee aan die komposisies.

“With 2016’s MAW, Lötz embarks on capturing an imagined humanity which exists post reason – its ten songs shed waning light onto and into this post-scientific realm where meaning is unhinged, shedding the loci of lexeme and category.”

Die lirieke en betekenisse is nie altyd duidelik of voor die hand liggend nie – interpretasie word oorgelaat aan die luisteraar. MAW is van so ’n aard dat die musiek en videowerk jou vergesel op jou eie ontdekkingsreis eerder as om die pad te lei. Soos ’n toergids van agter.

“Enigmatic and beautifully assured, MAW is a cryptic, strangely optimistic travelogue of some alternate human reality.”

The Marl of Maw word vrygestel op Vimeo. MAW is aanlyn en ook op vinyl te koop.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Givan Lötz se MAW gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand