‘Gucci & Die Silbersteins’ in Ambassadeur

‘Gucci & Die Silbersteins’ in Ambassadeur
gucci2.jpg
27580599_2036909909857450_7853421037302579200_n.jpg
gucci1.jpg

Uittreksels van literêre leefstyljoernaal Ambassadeur se 54-bladsy foto-essay, in samewerking met Gucci, in hulle tweede uitgawe. Die modehuis se voor-herfs ’18 versameling – wat spesiaal van Italië af ingevlieg is vir die foto’s – word aangebied saam met bypassende aanhalings uit Etienne Leroux se veelbesproke roman Sewe Dae by die Silbersteins wat as inspirasie gedien het.’n Unieke ontmoeting van letterkunde en modeontwerp.

27576034_1543011229149967_7751384103387136000_n.jpg

Anna-Bet Stemmet het die voorwoord geskryf oor die Bellingham-wynlandgoed wat as inspirasie gedien het vir Leroux se roman. Die herehuis op die plaas is versier met ’n eksentrieke mengsel van Eurosentriese en Oosterse style. Daar is alles van eiers gemaak van halfedelstene, tot versamelings Venesiese glas en antieke meubels uit Frankryk, Rusland, Portugal en Italië. Daar is selfs ’n vergulde hemelbed in een van die gastekamers wat oorspronklik ’n trougeskenk was aan die koning en koningin van Soematra.

Met die eerste publikasie van Sewe dae by die Silbersteins, in 1962, is dit beskou as revolusionêr – ’n deurbraak in die Suid-Afrikaanse letterkunde. Die roman speel af op die fiktiewe Welgevonden-wynlandgoed waarheen die hoofkarakter, Henry van Eeden, gestuur word om vir ’n week te bly sodat hy sy verloofde, Salome Silberstein, vir die eerste keer kan ontmoet. In die loop van die sewe dae eskaleer die roman in die duisterheid, soos Henry in die weë van die rykes opgevoed word. Elke aand woon hy ’n reeks buitensporige, bisarre partytjies by - ’n uitbundige fees van oorvloed wat grens aan makaber. Die roman eindig op die sewende dag wanneer Henry se bruid, wat hy nog nie deur die loop van die week kon ontmoet nie, hom op hul troudag by die kansel tegemoetkom.

27580758_1669110796490021_4033593925875793920_n.jpg
27575397_181495445950937_5126532406852976640_n.jpg

Fotografie en konsep deur Derick Muller | Klere deur Gucci

Kreatiewe vervaardiger: Karin Muller | Stilis: Esperance Potgieter | Produksiebestuurder: Jacques Erasmus | Plek van fotosessie: Bellingham-herehuis | Fotografie-assistent: Kleinjan Groenewald | Kameraman: Tom Purcell | Assistent-kameraman: Rudi Gremels | Hoofbeligter: Mark van Zyl | Grimering & hare: Danielle Jacobs, Monique du Toit, Nicola Loots | Modelle: Gina May Gilpin (Ice Models), Jamille Morales (D&A Model Management), Kayla Hansen (Boss Models), Pierre Rossouw (Boss Models)

  • Ambassadeur II is beskikbaar by jou naaste Exclusive Books-boekwinkel, asook aanlyn.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van ‘Gucci & Die Silbersteins’ in Ambassadeur gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand