Steven Cohen treur, eer Elu

Steven Cohen treur, eer Elu
still-fat1.jpg

put your heart under your feet … and walk!, Steven Cohen se eerste uitstalling by Stevenson Johannesburg, het vandag oopgemaak. Die werk kom ná die dood van Cohen se lewensmaat van 20 jaar, Elu. Dit onthou hom deur honderde balletskoene vermeng en verbind met objekte wat spreek oor homofobie en diskriminasie – ’n sosiale stigma waarin Elu, as balletdanser, groot geword en geleef het.

still-fat2.jpg
still-blood1.jpg

In ’n afsonderlike spasie wys twee van Cohen se performance art videowerke, geskiet in ’n abattoir. Cohen plaas homself saam met die witheid van die beesvet en die koue van die dooie, hangende vlees. In die tweede video word die geweldadige vertrekproses van onskuldige siele sonder skroom of nabetragting uitgebeeld. Cohen maak homself deel van die bloed, tydens die doodslag, op ’n empatiese treurtog vir die wat moet vertrek terwyl die lewendes toekyk.

 

Die uitstalling wys van 21 Oktober tot 17 November 2017. 

  • Foto’s: Stevenson

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Steven Cohen treur, eer Elu gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand