Van Pletzen se eerste album drop amper

'Kak Lekke Vibe' feature Early B op 4 van die tracks

van pletzen.JPG

Die elektroniese Afrikaanse duo Van Pletzen bestaan uit Peach van Pletzen (Bittereinder, Yesterday's Pupil en Oorlog Frankenstein) en Matthieu Auriacombe a.k.a. NIK NAKS (Hello Beautiful en Beach Party). Hul debuutalbum, Kak Lekke Vibe, drop Vrydag.

Hip-hop musikant Early B feature op vier van van die album se tracks. Die band het tydens hul album listening party vertel dis omdat "hy net so fokken goed is. Die man het van die coolste sêgoed, soos 'ek's min gespin soos nat wasgoed' - c'mon! Hoe kan mens hom nie orals gebruik nie?" het Peach vertel. 

Van Pletzen klink soos Engelse, Nederlandse pop-musiek wat toevallig in Afrikaans is, en fokus eksklusief op musiek wat in jou kop gaan vashaak. "In 'n wêreld waar mense op social media bitter ernstig geword het en vurig veg en debatteer oor issues en dikwels non-issues, bied ons eerder 'n escape van dit as om te comment,” vertel Peach.

Die album is verlede jaar in Greenside, Johannesburg geskryf en opgeneem, 'n proses wat bietjie meer as 'n jaar geneem het. "Humor van baie werk, net omdat die musiek lig is beteken dit nie dit verg minder aandag nie," het Peach uitgelig.

Iemand in die audience het gevra of die musiek gender specific is, waarop Peach "of course not" geantwoord het. "'n Kak lekker vibe is non-binary."

Van Pletzen is binnekort te sien by Mieliepop, Lush Festival en Lekkerland Karnaval.

Die album word op 23 Maart vrygestel.

By Van Pletzen se album listening party.

By Van Pletzen se album listening party.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Van Pletzen se eerste album drop amper gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand