Die Menere

Die Menere gebruik tradisionele Afrikaanse musiek as ’n beginpunt, en voeg elemente van spookagtige country daarby. Die klanklandskap is feitlik leeg, en wyd, soos ’n vlakte. Niks is oorbodig nie.

Die lirieke vertel stories van mense, meestal uit hulle eie perspektiewe. Dis soos om in die kroeg te sit op ’n verlate gehuggie in die platteland, en grepe uit mense se lewens te hoor. Kort films vol aksie, avontuur, humor en hartstog.

tumblr_inline_o6nkqb01UZ1tz8ud8_500.png

Die Menere is Paul Riekert, sanger, en André van Rensburg, kitaarspeler.

’n Nuwe single, Vergeet, is gister ná vier jaar vrygestel en is beskikbaar op iTunes, so ook hul album Floukop (2005) en ’n vorige single, Laaste Braai op Rooijakkalsdraai (2012).    

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Die Menere gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand