Queer ikoon Nakhane
nakhane.jpg

Nakhane het onlangs sy filmdebuut in Inxeba (The Wound) gemaak, ’n treffende en grensverskuiwende Xhosa queer liefdesdrama geset tydens die tradisionele deurgangsritueel Ulwaluko. Die film en akteur is hewig gekritiseer weens die uitbeelding van die ritueel, waarvan ingewydes nie oor mag praat nie, asook weens die gay storielyn binne die Xhosa kultuur. Nakhane het duisende haatboodskappe ontvang, maar is ook ondersteun deur voorstaanders van die film en die akteur. Die film is verdedig deur die filmmakers. Die debuutvertoning het by die Durban International Film Festival plaasgevind; die reeds-bekroonde film het ook onlangs vir ’n week in Johanesburg en Kaapstad gewys om te kwalifiseer vir die Oscars. 

21616274_1547982228598214_679570592500652819_n.jpg

Nakhane se tweede album word vroeg volgende jaar vrygestel. Dit is meer afgewerk en ervare as Brave Confusion (2013), met invloede van Wild Beasts en ander queer kunstenaars soos Perfume Genius wat duidelik na vore kom. Sien die eerste vrystelling en musiekvideo van die abum hieronder:

Die musikant en akteur hou homself ook skrywer, met sy boek Piggy Boy’s Blues wat in 2015 verskyn het.

Deel hierdie storie


Eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, sedert 1896

Divers, progressief en vars. Waardeer jy ’n stem soos Klyntji s’n? Het jy van Queer ikoon Nakhane gehou? Dan ondersteun ons. Donasies van lesers word gebruik om ons bedieningkostes te betaal: jou bydrae hou Klyntji aanlyn. Vriende van Klyntji word op hierdie bladsy erken. Elke bietjie help.


 Eenmalig R
 Maandeliks R


Klyntji verklaar 'n klimaat en ekologiese noodtoestand